ELSJE HONING DIEETKUNDIGE/DIETITIAN
  • Home
  • About
  • Services
  • Books & Guides
  • Contact
  • Blog

WAT weeg my baba?

6/2/2019

0 Comments

 
Het jy al ooit gewonder wat jou baba weeg? Of jou baba te vet of te maer is? Of dalk net hoekom dit belangrik is om te weet?
 
Hoekom moet ek my baba weeg?
Babas groei en ontwikkel ongelooflik vinnig in die eerste 2 jaar, as jy jou baba gereeld laat weeg, kan jy daardie groeikurwe in detail volg, en onmiddelik sien as daar enige verandering is en ingryp voordat probleme ontstaan.  
 
Hoe gereeld moet ek my baba laat weeg?
Laat weeg jou baba omtrent twee weekliks tot op 14 weke, en dan een maal ‘n maand tot op 6 maande en een keer elk 2-3 maande tot op die ouderdom van 2 jaar. ‘n Gesondheidskundige soos dokter, verpleegster of dieetkundige kan ‘n aanbeveling maak om jou baba meer gereeld te weeg indien nodig.
 
Hoeveel moet my baba weeg?
Net soos volwassenes, verskil babas baie, en geen twee babas weeg dieselfde nie. Jou dieetkundige of ander gesondheidskundige is opgelei om alle faktore wat jou baba se ideale gewig en groeipatroon beinvloed in ag te neem.  Indien jou baba ondergewig is, is ‘n dieetkundige die regte persoon om jou te help met aanpassing van voeding soos nodig. Die goeie nuus is dat babas nie sommer oorgewig is nie, maar juis baie vet nodig het omdat hulle breine en liggame so vinnig groei en ontwikkel.
 
Haal die onsekerheid uit jou baba se groei en laat jou liefling kind sommer vandag nog weeg!

Picture
Splinternuwe kliniese baba skaal om jou baba se groei so akkuraat as moontlik te monitor.
0 Comments

    I am a registered dietitian, and this is my blog.

    Please don't see it as anything other than a blog; general information, snippets that I find interesting, and recipes that I enjoy. It is not meant to replace individual healthcare from myself or other healthcare professionals. 

    Categories

    All
    Body Positivity
    Emotional Eating
    Health Tips
    Mindful Eating
    News
    Plant Based Diet
    Recipes
    Sustainable Eating

    Archives

    March 2020
    January 2020
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Home
  • About
  • Services
  • Books & Guides
  • Contact
  • Blog